Disciple Dynamix
Step by step...following Him Disciple! Dynamix is a organization that can assist you in development and growth in all aspects of your life.
Ons gaan hierdie week verder met ʼn paar verduidelikings van God se Naam en beskrywende name en titels wat in die Bybel voorkom. Hierdie week, die laaste paar dae voor die Fees van die Weke (Pinkster) komende Sondag, gaan ons kyk na beskrywings van die Here se eienaam, Jahwe, en hoe dit op verskillende maniere gebruik word.
Net weer vir agtergrond, kom ons kyk wat beteken hierdie asemrowende Naam waarmee die Here Homself aan ons voorstel.
יהוה
Dis hoe die naam in Hebreeus lyk. Die uitspraak daarvan is nie heeltemal duidelik nie, maar dit klink amper soos ʼn fluistering van die wind, soos iemand wat na sy asem snak. (As jy vinnig asem uitblaas en lug intrek, is dit amper soos wat sy Naam klink). Die verkorte weergawe daarvan, wat in digterlike gedeeltes soos Psalms gebruik word, klink amper nog meer na ʼn uitroep van verstomming: “JAH!!” Amper soos ons vandag sou uitroep: WOW!
Dis presies die reaksie as ons besef wat ons Here se naam beteken. Die Naam wat God Drie-Enig aan die begin van Eksodus aan Sy volk bekend gemaak het, JAHWE, was reeds in gebruik in Genesis, maar die ware betekenis daarvan was nog nie bekend nie. Dis eers in Eksodus 6 dat Elohim dit so aan Moses verduidelik:
1 VERDER het God Elohim met Moses gespreek en vir hom gesê: Ek is die HERE JHWJ.
2 En Ek het aan Abraham, aan Isak en aan Jakob verskyn as God, die Almagtige, El Shaddai, maar met my Naam HERE JHWJ het Ek My nie aan hulle bekend gemaak nie.
Ook het Ek my verbond met hulle opgerig om hulle die land Kanaän te gee, die land van hulle vreemdelingskap waarin hulle vertoef het;
en Ék het ook gehoor die gekerm van die kinders van Israel wat deur die Egiptenaars in slawerny gehou word, en Ek het aan my verbond ged**k.
Daarom, sê aan die kinders van Israel: Ek is die HERE JHWJ, en Ek sal julle onder die harde arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red uit hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ’n uitgestrekte arm en deur groot strafgerigte;
en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ’n God wees. En julle sal erken dat Ek die HERE JHWJ julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
En Ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, aan Isak en aan Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ’n besitting gee, Ek, die HERE JHWH.
JAHWE beteken:
• die Onafhanklike Een
• Die God wat niks of niemand nodig het om te bestaan nie
• die Een met die Onuitspreeklike Naam
• Die Asemrowende Een
• die Een wat kies om met die mens in ‘n verhouding te staan.
As JAHWE Sy Naam oor Sy mense uitroep, dan sê Hy:
• “Ek sal jou uitlei”, amper soos verlei, weglei. Soos ʼn verliefde man wat sy vrou wil verras en haar weglok om alleen saam met Hom te wees. Dis vandaar dat die Jode eerder die naam “Adonai” uitspreek wanneer die naam “Jahwe” in die Skrif voorkom. En Adonai beteken spesifiek: besitter, meester, “The Lover of my Soul”
• “Ek sal julle red”
• “Ek sal julle verlos”
• “EK sal julle aanneem as my eie volk”
• “Ek sal vir julle (waarlik, ʼn ware) GOD wees”
• “Ek sal julle inbring”, bring tot by die plek waar die Here wil hê ons moet wees.
• “Ek sal gee”. Dit wat die Here belowe, sal Hy gee.
God, wat niemand nodig het om te bestaan nie, buig Homself af na jou toe om met jou te identifiseer, en met jou ‘n verhouding te hê. Die Naam JAHWE sê vir ons dat God Drie-enig aktief betrokke is by jou hele menswees: Dis volledige God wat besig is met jou as volledige mens. Hy hou niks van Homself terug nie, en Hy ignoreer oor niks in jou lewe nie. Hy wat nie nodig gehad het om iets met ons te doen te hê nie, kies om aktief by ons te wees.
REALITY CHECK
Die waarheid wat ons vandag ontdek, is dat die Here nie net betrokke is by sommige aspekte van jou lewe nie. Hy is betrokke by ELKE aspek van jou lewe, hy is bewus van ELKE ding wat in jou lewe gebeur. En wanneer Hy na ELKE aspek van jou lewe kyk, is Hy as VOLLEDIG GOD betrokke: as Vader, ʼn Pappa wat sorg en beskerm, as Vriend wat gesels en kuier en raadgee, as Gees wat lei en troos en inspireer.
PERSONAL APP
Dis ses dae voor Pinkster, die fees wat ons ken as die uitstorting van die Heilige Gees. Dis die fees waarop God Drie-enig homself finaal as volledige God aan ons kom verbind het, nie net as Vader of Skepper, soos in die Ou Testament nie, ook nie net as Verlosser toe Jesus gesterf het nie, maar as Vader en Seun wat deur Sy Gees in en by jou is, elke oomblik van jou lewe. Maak dit ʼn realiteit deur bewustelik VADER, JESUS en HEILIGE GEES deel te maak van jou daaglikse kuier saam met ons JAHWE
Abraham het ʼn unieke pad saam met die Here gestap. Hoe dan anders?! Hy is nie verniet die “Vader van geloof” nie.
Abram leer eerstens die Here ken as Jahwe, die Here wat verhouding bou, wat hom roep en met hom ʼn ooreenkoms aangaan en Homself op so ʼn manier aan Abram en sy nageslag verbind. (Die ware betekenis van die naam “Jahwe” ken hy egter nooit – die eers aan Moses wat die Here dit oopsluit.)
Abram moes leer dat die Here die Skepper en Onderhouer van alles is – Elohim. En dis juis deurdat hy God op hierdie manier leer ken dat dinge vir hom moeilik raak. Jy sien, as jy verstaan dat die Here die Skepper is, dan verstaan jy dat Hy dinge geskep het om op ʼn sekere manier te funksioneer. Daar is seisoene wat vasgestel is, wat maak dat ons nie vrugte gaan soek as die seisoen daarvoor nie reg is nie. Die liggaam van ʼn vrou is ook so geskep dat sy kinders kan verwek tot op veertig, selfs dalk vyftig jarige ouderdom. Toe die Here vir Abram die belofte gee van ʼn nageslag, was hy in die moeilikheid, want hy het geweet sy vrou is reeds verby die ouderdom om kinders in die wêreld te bring.
Sara het dit ook goed geweet. Eerstens beraam sy ʼn plan om die Here “te help” om Sy belofte na te kom deur haar slavin, wat nog vrugbaar was, vir Abram te gee om ʼn kind te kan kry. Later, as sy hoor dat sy self ʼn kind gaan hê, lag sy; sy weet mos dis onmoontlik, want ELOHIM het ʼn vrou mos so geskep dat sy nie meer op 90 jarige ouderdom kinders in die wêreld kan bring nie.
Dis net hier waar die Here Homself aan Abraham (in die tussentyd het die Here ʼn verbond met Abraham gesluit en sy naam verander) openbaar as die God wat so magtig is dat Hy die vasgestelde orde wat Hy met die skepping ingestel het, kan deurbreek en omswaai, sodat Hy Sy beloftes aan Sy kinders kan waarmaak.
El-Shaddai: Hierdie is een van die kosbaarste (en dalk mooiste?) name vir God, beslis een van die sterkste name. In Genesis 17:1 wys die Here vir Abraham dat Hy die Sterk Een is (El) wat Al-magtig (Shaddai) is. Daar is niks of niemand wat God se mag en krag kan inperk nie, nie eens Sy eie skepping nie. Die woord “almagtig” laat die klem op “mag” val, maar dit beteken veel meer as net mag. Dit beteken dat God altyd kragtig is in Sy liefde en omgee, nimmereindigend potent in Sy genade. In Engels: “Omnipotent”. Ons Almagtige God het die krag om Sara se liggaam op 90 in staat te stel om kinders te hê, teen alle natuurlike beperkings in. Hy is so groot en magtig in Sy liefde en genade dat Hy aan Abraham doen wat Hy belowe het.
REALITY CHECK
As ek maar d**k aan my eie lewe, dan is daar soveel situasies waar daar geen hoop meer is nie, amper soos Abraham, wat geen hoop meer gehad het nie. Lees wat word daaroor in Romeine 4 geskryf:
“ 18 Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees. 19 Al was hy sowat honderd jaar en al het hy dus goed besef dat sy liggaam reeds gedaan was en dat Sara te oud was om kinders te hê, het sy geloof nie verswak nie. 20 Hy het nie in ongeloof begin twyfel aan die belofte van God nie, maar hy is in sy geloof versterk en het aan God die eer gegee. 21 Hy was ook ten volle daarvan oortuig dat God mag het om te doen wat Hy beloof het.”
Abraham is in sy geloof versterk in die wete dat EL-SHADDAI, die God wat kragtig is en omgee, aan hom verskyn het en Sy beloftes aan hom kom gee het.
Kyk vandag met ander oë na jou omstandighede, na jou realiteit, en sien die dinge raak wat alleen kan verander as El-Shaddai ingryp.
PERSONAL APP
Abraham het ʼn nuwe manier van lewe begin, en dit is ʼn lewe van geloof. Jy is ingesluit by die groot familie van God se kinders op grond van geloof. Neem nou daardie selfde geloof en pas dit toe deur te verstaan dat El-Shaddai vandag wil opdaag in jou lewe met KRAG en OMGEE. Die eerste ding wat Hy in my lewe kom verander het, was nie om in te gryp in my omstandighede nie, maar in my ingesteldheid en my manier van d**k. Vra die Here vandag om jou geloof te versterk, dat jy Hom kan raaksien as die een met mag om in te gryp, al beteken dit dat hy eers op nommer 99 gaan ingryp. Laat Hom toe om vandag in te gryp in jou denke, jou emosie, en jou ingesteldheid.
Ons vind heelwat beskrywende name vir God waar die naam El verbind word aan ʼn selfstandige naamwoord wat iets van God se karakter beskryf. Vanoggend kyk ons na ʼn mooi voorbeeld van so ʼn beskrywende Godsnaam:
El-Elyon: El, die Sterk Een, is God wat bo alles is, God die Allerhoogste (the most High God). Hy is die hoogste gesag, Hom kom toe die hoogste eer, en alle mag behoort aan Hom. Hierdie benaming kom 4 keer in Genesis 14:18-22 voor. Dis God die Allerhoogste wat in ons lewens die hoogste eer en aansien verdien. Niks in die lewe is hoër en meer verhewe as Hy nie.
Bileam skryf oor die openbaring wat hy van die Here gehad het (Numeri 24:15-16), en dan noem hy dat dit die Allerhoogste God, El-Elyon was, wat aan hom die wysheid gegee het, en wat in Sy grootheid en mag as die Allerhoogste sy oë oopgemaak het om die waarheid te kan sien. Dis voor die Allerhoogste God wat hy homself dan laag maak, voor Hom neerval en Hom aanbid. Die Allerhoogste weet alles en sien alles, en maak die oë van Sy mense oop om die waarheid raak te sien.
REALITY CHECK
Sien weer in jou geestesoë vir Jesus aan die Kruis. Sien hoe die Jode Hom hoog gehang het en dat Hy op so 'n manier jou Allerhoogste kon word deur jou te vergewe en jou nuwe lewe te gee. Sien Hom op Sy troon sit waar Hy nou as Allerhoogste in Sy koninkryk gekroon is en heers.
D**k na oor alles wat vir jou in die lewe belangrik is. Hoe belangrik is die Here vir jou in elkeen van daardie aspekte van jou lewe? In watter van daardie aspekte is die Here alles? In watter aspekte behoort Hy meer prominent te wees, dus, moet Hy meer word?
PERSONAL APP
D**k na oor wat Johannes die Doper gesê het in Johannes 3:30 “Hy moet meer word en ek minder”. Vra die Here om jou te wys wat in jou lewe moet minder word, sodat Hy 'n groter prominensie in jou lewe kan kry.
Gee die Allerhoogste vandag weer die eer wat Hom toekom en onderwerp alles in jou lewe aan Hom.
Ek gaan in die week wat voorlê elke dag iets deurgee oor God se Karakter soos ons dit leer ken uit die Name wat Hy gebruik om Homself aan ons bekend te maak. Dit pas in by die Dissipel LAB waarmee ons tans besig is, en ook by die fees van Pinkster wat in hierdie week begin.
Daar is ʼn geweldige hoeveelheid name en titels wat vir God gebruik word, en elkeen van hulle het ʼn eie en dinamiese betekenis. Dit is regtig hartseer dat baie van die verskillende name en titels in Afrikaans met God, HERE, en Here vertaal is, maar die betekenisse daarvan kom nie so sterk deur nie. Hierdie aantekeninge oor die Name van God is opgestel sodat jy iets oor die grootheid en unieke karaktertrekke van God kan leer ken. Dis hoegenaamd nie ʼn omvattende beskrywing van al die name en titels nie. Dis slegs ʼn seleksie van die belangrike en betekenisvolle name wat meer algemeen in die Bybel voorkom.
Ontmoet die Sterk Een – El
Dinsdag
Die eerste naam vir God waarna ons gaan kyk is El. Hierdie naam is eintlik die oudste, of mees primitiewe naam in die Semitiese tale wat mense gebruik het om na hulle god te verwys, en dit beteken “die Sterk Een”. Dit verwys dikwels na die groot krag van God. Elohim is ʼn verbuiging van, of uitbreiding op die naam El.
In die Bybel lees ons ook die naam El ʼn paar keer raak, waarvan dit in ongeveer 250 gevalle in Afrikaans as “God” vertaal is. Die skrywers van die Ou Testament het dus dikwels na God verwys deur die naam El te gebruik. El kom loshande die meeste in Job en Psalms voor, wat beide poëtiese geskrifte is. Dit lyk dus asof die skrywers, wanneer hulle oor God op poëtiese wyse praat, dan die woord El verkies. Waar die word ook al voorkom, dit word gebruik om God te beskryf as die Een met krag en sterkte. Dit kan ook die betekenis dra dat God sterk is in Sy karakter, dus die Een met die uitnemende sterk karakter, Een wat kragte het groter as die aardse kragte wat ons ken, maar ook die Een wat karater het beter as wat ons in hierdie wêreld beleef.
In Psalm 22 word die Naam El gebruik. Psalm 22:2 begin met: ”Eloi Eloi...”, ‘n verbuiging van El wat beteken “My God, my God” of “my Sterk Een, my Sterk Een”. Dit is dan baie treffend as Markus opteken hoe Jesus aan die kruis uitroep: “Eloi, Eloi!”, vandaar dat die Psalm die titel “Golgota-psalm” gekry het.
REALITY CHECK
Soms gebeur dit in die lewe dat 'n mens tye beleef waar jy besonders dinamies funksioneer, asof jy van krag tot krag gaan. Ander tye weer, beleef jy totale kragteloosheid. Ek vind dit baie in my lewe dat ek in tye van krag vergeet dat die Here die Een is wat my krag gee, en wanneer ek kragteloos voel, wonder ek baie waar die Here nou eintlik is. Die Naam El herinner my dat God die God van krag is, die sterk Een. Hy gee my krag om dinamies te lewe. En wanneer dit lyk of my krag verdwyn het, herinner Paulus my in 2 Korintiërs 12:9-10 dat Hy sterk is juis wanneer ek swak is.
PERSONAL APP
Skryf 'n bietjie neer waar jy al die Here in jou lewe beleef het as El, die Sterk Een. D**k aan beide kragtelose tye as kragtige tye in jou lewe.
Hou jou oë vandag oop om te probeer raaksien waar die Here Homself vir jou gewys het as die Sterk Een.
Waar kon jy Jesus wees vir iemand deur sterk te wees vir die persoon in sy of haar swak oomblik? Hoe kan jy in jou vriende se lewens God se sterkte gaan aangee? Vra die Sterk een om jou sterk te maak om namens Hom Sy sterkte aan iemand te wys.
Ons het via die Sentrum vir Dissipelskap Ontwikkeling begin met n projek waarin ons mense wat alles verloor het, weer her lanseer in die samelewing. Ons is tans besig met n gesin, n ma met 3 kinders, vir wie ons dringend verblyf soek, al is dit net vir n paar dae. Indien jy dalk weet van n plek, laat weet ons asseblief!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
Akasia
0182