Solidariteit Helpende Hand Motorfiets Tak
CHARITY BIKE GROUP Bykomende inligting
SOLIDARITEIT HELPENDE HAND: HUISREËLS VIR FACEBOOK-BLAD
Welkom by Solidariteit Helpende Hand se amptelike Facebook-blad.
04/06/2026
Ons ry vir vryheid – maar kinders het beskerming nodig. 🏍️
Ons voel die krag van die enjin, die vryheid van die pad en die wind op ons gesigte…
Maar daar is kinders wat elke dag leef sonder vryheid. Sonder veiligheid. Sonder ’n stem wat vir hulle opstaan.
Kinderbeskermingsweek herinner ons aan ’n harde waarheid:
ons kan nie net kyk en verby ry nie.
Elke kind wat misbruik, verwaarloos of geïgnoreer word, is ’n rooi lig wat ons nie mag ignoreer nie.
By Helpende Hand staan ons vir beskerming, groei en opvoeding van kinders – maar ons kan dit nie alleen doen nie.
Jy ry nie net ’n motorfiets nie – jy het invloed.
Jy is nie net deel van ’n tak nie – jy is deel van ’n gemeenskap wat kan beskerm.
Raak betrokke. Maak geraas. Maak ’n verskil.
26/05/2026
’n Nuwe hoofstuk begin! ✨🏍️
Die bestuur van die motorfietsklub het die versoek gerig tot Solidariteit Helpende Hand bestuur dat hulle graag as KLUB voortaan wil ry onder die naam Servanthood riders.
Uiteraard is daar ook behoefte by Solidariteit Helpende Hand om soms as n TAK slegs op lokale TAK vlak, sonder affiliasie, saam projekte te doen en te ry.
Daarom het ons besluit op n positiewe nuwe hoofstuk.
Die KLUB en die TAK deel n geskiedenis van 12 jaar maar die SHH MotorfietsKLUB sal voortaan bekend staan as Servanthood Riders (n naamsverandering) en die tak, sonder affiliasie slegs op takvlak, sal binne Helpende Hand strukture val.
Ons is opreg dankbaar teenoor elke motorfietsryer met wie ons paaie oor die afgelope 12 jaar gekruis het. In KLUB-verband. Dankie vir elke kilometer, elke hand van hulp en elke hart wat oop was vir mense in nood.
’n Spesiale woord van waardering aan Johan en Felix, ons stigterslede, asook aan Manie, ons laaste nasionale president. Manie, ons wens jou en die Servanthood-groep veilige kilometers en groot seën toe met julle nuwe reise en projekte. Dit was ’n voorreg om te sien hoe ’n liefde vir motorfietse en ’n passie vir mense saam ’n verskil kan maak.
Sluit gerus ook aan by die Servanthood riders se Facebook-blad vir meer inligting oor hulle klub, hulle aksies en hulle pad vorentoe. Bly ook op hoogte van Helpende Hand se bedrywighede en projekte steeds op hierdie blad.
Saam ry ons verder. Saam maak ons ’n verskil! 🏍️
Click here to claim your Sponsored Listing.
Contact the organization
Address
Centurion