Hester's Inspiration

Hester's Inspiration

Share

Stay positive and believe Net omdat satan negatiewe gedagtes in jou plant beteken nie dat jy dit moet water gee en troetel nie.

09/03/2024

Ek gaan slaap in die aand met God in my kop,
In die oggend staan ek saam met Hom op
In die dag stap Hy saam sonder om te kla
Waar ek nie kan loop, sal Hy my dra.

Al my vrese en behoeftes ken Hy so goed
As ek val, en nie wil opstaan, gee Hy my moed
As ek bly is en lag, jubel Hy saam met my
As ek hartseer en bevange is, troos Hy my

Deur al die seisoene - in winter tot somer
In die dag en die nag - al is ek 'n dromer
Gee hy die pas aan wat ek moet loop
Al voel ek soms ook heeltemal gestroop
Hy is die alfa, die omega, die spil waarom alles draai
In die donker, sal Hy my na die lig toe laat draai
Hy beskerm ons en vou ons toe in Sy hande
Hy vra nie jou taal, God bly groot in alle lande

Ons vra en ons smeek vir hulp en vir raad
Vir vrede en gesondheid en ook die regte maat
Maar gesels ons met God in voorspoed en geluk
Of is Hy net die noodlyn wat ons so gerieflik pluk?

Leef voluit elke dag wat God aan jou gee
Bly op jou knieë waar Hy jou krag kan gee
Leef so jou drome vir almal om te sien

Wie jy is, en watter God jy dien ..............

13/12/2023

🌑 Môre 🌑 Wens Jou 'n Lieflike dag (")(") 🐜🐖 Met Jesus aan Jou Sy!! Genade is liefde wat sagte verbande op plekke sit waar ons vel deurgeskaaf is. Genade is nie 'n idee nie, dis God wat sonder agendas ons altyd liefhet. Mag jy Sy genade in oorvloed ervaar. Vandag se bekommernise is more se verlede. God sal voorsien teen alle tye, maak nie saak wat die behoefte is nie. Gee al jou bekommernisse en probleme vir Jesus en hou vas aan SY beloftes. God is waarmaker van Sy woord! Troue Vader, dankie dat ons uit U hand kan leef.Gee dat ons nooit ons seën as vanselfsprekend sal aanvaar nie, maar altyd dankbaar en afhanklik sal bly. Amen. Mag jy n geseende dag he.

Want your public figure to be the top-listed Public Figure in Albertinia?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Website

Address


Albertinia
6695