The Neuro-Coach Method
The Neuro-Coach Method is a unique coaching modality that includes Frameworks, Ecometric Assessments, and a Neuroscience evidence-based technique (MLNP).
01/07/2026
Jou liggaam praat dikwels lank voordat jou verstand verstaan wat aangaan.
Moegheid, spanning, irritasie, of oord**k, is nie altyd net “slegte gewoontes” of “oorreaksies” nie. Soms is dit jou liggaam se manier om vir jou te sê:
“Ek is moeg.”
“Ek voel nie veilig nie.”
“Ek dra te veel.”
Wanneer jou senuweestelsel oorlaai is, kan selfs klein dinge groot voel omdat jou kapasiteit laer is.
Bewustheid is dikwels die eerste stap na herstel, regulering en ander keuses.
👉 Wil jy leer hoe om jou senuweestelsel beter te verstaan en ook ander mense daarmee te help?
✨ Sluit aan by ons GRATIS aanlyn platform via die skakel in ons bio, of
💬 Comment GRATIS en ek stuur vir jou die skakel.
29/06/2026
’n Gereguleerde senuweestelsel beteken nie jy leef sonder stres nie.
Dit beteken jou liggaam het die kapasiteit om stres te ervaar, dit te verwerk, en dan weer terug te keer na kalmte.
Wanneer jou senuweestelsel egter oorlaai is, kan jou liggaam in oorlewing vasgevang bly, selfs lank nadat die stresvolle oomblik verby is.
Dis hoekom herstel nie net gaan oor “minder doen” nie, maar oor leer hoe om jou liggaam weer veilig te help ontspan.
✨ Wil jy meer leer oor Neuro-Coaching en hoe om jouself en ander beter te verstaan en te help?
👉 Sluit aan by ons gratis platform via die skakel in ons bio, of
💬 Comment GRATIS en ek stuur vir jou die skakel.
Vrae & Antwoorde in 90 sekondes!
Die antwoord lê dikwels nie net in jou denke nie, maar ook in jou senuweestelsel.
Baie van ons reaksies is nie bewuste keuses nie, dit is aangeleerde oorlewingsreaksies wat vinniger gebeur as rasionele denke.
Wanneer jy jou senuweestelsel verstaan, hou jy op om jouself te blameer en begin jy leer hoe om jouself te reguleer.
👉 Wil jy meer leer oor Neuro-Coaching en hoe om jouself én ander beter te help?
💬Comment GRATIS en sluit vandag aan by ons gratis platform.
25/06/2026
Wanneer jy die senuweestelsel beter verstaan, kan jy jouself én ander met meer insig, veiligheid en praktiese ‘tools’ ondersteun.
Neuro-Coaching werk dieper as net met gedrag. Dit help jou verstaan wat onder die oppervlak gebeur; hoe stres, oorlading en emosionele druk jou denke, reaksies, prestasie en besluitneming beïnvloed.
👉 Wil jy meer leer oor Neuro-Coaching en hoe om jouself toe te rus om ander beter te help?
Sluit aan by ons gratis aanlyn platform:
🔗 skool.com/tncm
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the school
Address
Alberton
1449