DF Alumni
Kontakblad vir alle oud-leerders van die Hoërskool DF Malan, Bellville
21/05/2026
Geniet dit, Mika en Noor Bos, Klas van 2025
Bietjie nuus uit die buiteland. Mika en Noor Bos woon op die oomblik in Gouda, Nederland. Hulle begin met hul studies daar in September (die Noordelike halfrond se aanvang van die akademiese jaar) en geniet dit tans om hulle daar in te burger. Hulle loop nie net rond nie, maar werk ook. Mika vertel sy werk in ‘n stroopwafelfabriek en Noor by ‘n Amerikaanse invoerbedryf. Maar naweke reis hulle! Die onlangse uitstappie was na Italië. Hulle voeg darem by hulle verlang soms na DF, maar kwalifiseer dit met ‘n skalkse opmerking van “ ‘n bietjie”. Ons stuur vir julle ons beste wense hier vanuit DF-land.
18/05/2026
Dit is weereens ‘n besige week wat voorlê in DF-land en twee geleenthede waar die gemeenskap, DF-ondersteuners en alumni kan deel in die pret en ook hulle omgee kan wys vir ons DF-familie. Eerstens op die program is Lig Loop, aangebied deur DF se Tuinklub. Kom stap saam met ons Woensdag, 20 Mei om 18:00 reg rondom die skool en besigtig al die nuwe uitbreidings van DF se tuine. Lig Loop is vanjaar ten bate van Niël Zeeman, Klas van 2025, wat in Januarie gediagnoseer is met osteosarkoom. Registrasie is op Karri of die aand van die pretloop. Koste beloop R25 pp en daar is verskeie stalletjies langs die roete. Luister na Lorinda Smit (of andersins bekend as die tuintannie) se onderhoud oor die aangeleentheid op RSG deur die Skakel te volg. 💛💙
https://omny.fm/shows/driesestig-1/pretloop-ten-bate-van-jong-kankerlyers
Hier's ons weer! Help ons om die Vreesloos beker vir die vierde maal DF toe te bring. Deel asseblief die video!💛💙
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the school
Telephone
Website
Address
Frans Conradie-rylaan
Bellville
7530