Results Based Training

Results Based Training

Share

Operated by Riaan, a Chess coach based in Brits, NW. Able to coach beginner to Intermediate players

20/03/2024

If you are on the South Coast and fancy some chess, come and join use. Complete the link to entre https://forms.gle/M7r4og8GXFroR1gRA

13/09/2021

Breek die Opening

Met baie beginner spelers van Skaak vind ek dat hulle, hulself in die opening vas staar en verstar. Wanneer hulle opponent (Swart) moedswilliglik Wit se skuiwe naboots, word jonger spelers verward en verloor hulle die spel voor die 10de skuif sonder dat die middelspel begin het, maar skaakmat word eers by skuif 25 of 30 bereik. Ander, weer is so vas gevang met al die verskillende Openinge daar buite dat hulle nooit verby die opening beweeg en die middel en eindspel begin speel nie, en sodoende nooit leer wat daar gebeur nie. Met die uitsondering van enkele lokvalle en sorgvuldig, beplande skuiwe, sal die meeste skaakspelle altyd darem 15-20 skuiwe oorleef en is dit by uitsondering dat ons vandag sien dat spelle binne 15 skuiwe afgehandel is. Dit laat ons in die middelspel waar die verskeie taktiese benaderings en logiese denke begin werk.
Die hartseer realiteit vir baie intreevlak spelers is hierdie die realiteit: hulle d**k dat hierdie taktiese spel per ongeluk gebeur en word nooit geleer om daarvoor te speel of om dit self deur vernuf te bewerk nie. In die proses verloor hulle belangstelling en hou op om skaak te speel. Die vroeëre skaak wonderkind wil nie die harde werk nou in sit nie, omdat baie ouers nie die afrigter se oordeel vertrou nie. Dan is daar die afrigters wat net voortgaan met die sterker spelers, asof die res reeds opgehou het met kompeterende spel.

Wanneer ons ʼn bouer van formaat vra om ʼn huis te herstel wat begin kraak het kort na oprigting, mag hy dalk net sê dat die fondasie foutief is. Al opsie wat daar dan oorbly, is om alles af te breek en ʼn nuwe fondasie te lê. En weliswaar, soos alles verwyder word, word daar gemerk dat die fondasie geensins voldoende was vir die paleis wat daarop gebou moes word nie. En hierdie is die hartseer van skaak vandag omdat die klem op die verkeerde plek is.

Terwyl die proses baie pynvol kan wees en die meeste ouers hulle bloeitjies die seer wil spaar, is dit by tye al opsie sonder om kompeterende spel te verlaat.

Een posisie wat oorweeg kan word is die volgende (in FEN): knqr4/nbpp4/pppb4/8/8/4BPPP/4PPBN/4RQNK (https://lichess.org/editor/knqr4/nbpp4/pppb4/8/8/4BPPP/4PPBN/4RQNK_w_-_-_0_1)

Dit skep ʼn begin posisie so vreemd, dat die spel in die middelspel begin en geen normale openinge meer geld nie. Nou moet daar gefokus word op my kennis van skaak en die taktiek wat van belang is. Verskillende skaak variteite (4 speler; Solitair Chess; Atomic ens) word nie nou gebruik nie, maar dit wat skaak mooi maak, die kuns wat daarin bestaan, om presis te speel en te wen is van kardinale belang.

Kom breek die Openinge en begin weer skaak speel.

Want your school to be the top-listed School/college in Brits?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


1 Kasteelberg Street
Brits
0250

Opening Hours

Monday 07:30 - 18:30
Tuesday 07:30 - 18:30
Wednesday 07:30 - 18:30
Thursday 07:30 - 18:30
Friday 07:30 - 18:30
Saturday 07:30 - 13:00