Syferdrift Wildsplaas
‘n Bosveld oase, moderne chalets, natuur, wild en vele aktiwiteite, slegs 100km van Pretoria 🦒
Hiermee gee ons kennis dat Syferdrift Wildsplaas ongelukkig nie meer beskikbaar is vir besprekings vanaf die publiek nie.
Maar hou vas - daar is ‘n opwindende vooruitsig om die draai! Hou gerus hierdie blad dop vir die bekendstelling van die nuwe akkomodasie en natuurlewe.
Ons sien uit om julle saam met ons te neem op nóg ‘n avontuur 🦒
03/03/2025
Syferdrift Wildsplaas is die perfekte bosveld geleentheid voor die winter aanbreek! 🦒🐃
Wildsritte. Pragtige natuurskoon. Moderne selfsorg chalets. Groot bosveld swembad. Draf en fietsry. En nog vele meer!
Die 1000 ha plaas is geleë slegs 100 km vanaf Pretoria en bied akkommodasie ideaal vir:
- spanbou naweke,
- jaareindfunksies,
- daai spesiale verjaarsdag wat jy nog altyd wou hou,
- familiebyeenkomste
Die verblyf sluit in:
- Braaihout, private braaiplek en stoele
- Toegeruste kombuis
- Lugversorging en wifi
Pryse:
4-bed @ R1800/nag
5-bed @ R2200/nag
6-bed @ R2600/nag
10-bed Moderne Berg Huis @ R4000/nag
Elke kamp het sy eie privaat bomas en lapas waar jy as groep onvergeetlike herrinneringe om die kampvuur en onder die bosveld sterre kan bou 🔥
Die pizza oond sal die honger stil na ‘n dag se swem en aktiwiteite.
Besoek gerus ons Facebook blad, of kontak die eienaar, Corné, direk vir navrae en besprekings (082 372 3191).
22/01/2025
Syferdrift se 2025 pryse:
4-bed chalets: R1800/nag
5-bed chalets: R2200/nag
6-bed chalet: R2600/nag
Berghuis (10-bed): R4000/nag
Kontak ons gerus vir navrae en beskikbaarheid 🦒
28/12/2024
Die bosveld is mooi groen na die afgelope paar weke se reën.
Ons het gister ‘n wildsrit gedoen en byna al wild spesies op die plaas gesien 🦓
Buffel, sebra, koedoe, blou-en gouewildebeest, blesbok, swartwitpens en nyala. Al spesie wat ons ontduik het, is die kameelperde 🦒
06/11/2024
Plek beskikbaar! 🦒
Syferdrift Wildsplaas het nog plek beskikbaar in ons Berghuis en Swartwitpens-chalet tot voor kerstyd.
Die Berghuis is ‘n luukse 10-bed huis, ten volle toegerus, met ‘n aswemrowende uitsig oor die bosveld horison, privaat lapa en boma, en ‘n nuwe houtdek ⛰️
Die Swartwitpens chalet slaap 6, is ten volle toegerus, met twee aparte slaapkamers, privaat boma, lowergroen gras en wild wat voor jou stoep kom wei.
Ons is geleë 100km van Pretoria, net buite Brits.
Wildsritte. Pragtige natuurskoon. Groot bosveld swembad. Draf en fietsry. En nog vele meer!
Die verblyf sluit in braaihout, private braaiplek en stoele 🪵
Pryse:
6-bed Swartwitpens chalet @ R2400/nag
10-bed Moderne Berghuis @ R4000/nag
Besoek gerus ons Facebook blad, of kontak die eienaar, Corné, direk vir navrae en besprekings (082 372 3191).
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the business
Telephone
Website
Address
Brits