Joyce Jacobs

Joyce Jacobs

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Joyce Jacobs, Centurion.

28/05/2026

Join me Ps. Joyce Jacobs and MORE AMAZING WOW Women every Thursday at 8 p.m., WOW Women gathers on Zoom as God calls His Lionesses to rise—women ready to grow, to be shaped by His Word, and to step boldly into a life of purpose and power.

Your past is not wasted! God uses every experience to build in you a wealth of wisdom, a wealth of authority, a wealth of joy, and a wealth of power and love that can transform your home, your workplace, your finances and your community.

But understand this: every moment you are living, not being equipped and rooted in the Word of God, carries a cost—missed direction, delayed growth, and untapped purpose.

This is your time to be empowered, to be taught, and to be positioned as a woman of true Kingdom wealth. Join us and step into what God has already prepared for you.

COST: Early Birds pay only R500 once off for life!!
TIME: 20:00 Thursday Evenings
WHERE: Zoom Meeting
Partners of Joyce Jacobs Ministries: FREE
REGISTER: Click on the link below.

https://docs.google.com/forms/d/1xklYSo08LwBjqHKAF9GoCftuyefjJ92ajw0WqWJQWoQ/viewform

12/05/2026

HOEKOM SEKERE FAMILIES EEN UIT DRUK EN VERWERP.

Party families het ’n baie lae verdraagsaamheid vir die kind wat die meeste van die res verskil. Daardie kind d**k anders, voel anders, droom anders en reageer anders op die wêreld. Ongelukkig word hierdie verskille dikwels as “probleme” of “foute” gesien, en die kind word subtiel of openlik uitgesluit. Hulle word die swartskaap, die moeilike een, die sensitiewe een, of die een wat “nie inpas nie”.

Ons sien hierdie patroon selfs in die Bybel by Josef. Reeds op ’n jong ouderdom was daar iets anders aan hom. God het ’n besondere roeping en salwing op sy lewe geplaas. Sy broers het nie sy drome verstaan nie en sy andersheid het jaloesie en verwerping ontlok. Wat eintlik sy krag en bestemming was, het sy familie as ’n bedreiging beleef.

Uit ’n sielkundige oogpunt gebeur dit dikwels omdat families onbewustelik stabiliteit probeer beskerm. Die persoon wat anders d**k of optree, daag die familie se gewoontes, pyn, geheime of beperkte denke uit. Die “andersheid” van een persoon bring ongemak, omdat dit die res van die familie konfronteer met dinge wat hulle nie wil verander of erken nie.

Die hartseer is dat baie mense grootword en glo dat daar iets verkeerd is met hulle. Hulle probeer hulleself kleiner maak, stilbly of verander om aanvaar te word. Maar baie keer is die eienskappe waarvoor hulle uitgesluit is, juis die eienskappe wat God wou gebruik: hul sensitiwiteit, leierseienskappe, kreatiwiteit, onderskeidingsvermoë, emosionele diepte of vermoë om waarheid raak te sien.

As jy nog altyd gevoel het jy pas nie in nie, beteken dit nie noodwendig dat jy minder werd is nie. Dit mag wees dat jy anders geskape is vir ’n ander doel. Genesing begin wanneer jy verstaan waarom jy uitgesonder was, en wanneer jy ophou om jou sterkpunte as swakhede te sien. Josef was verwerp voordat hy verhoog is. Partykeer is die persoon wat die meeste uitgestoot word, die een met die grootste bestemming.

06/05/2026

Op Radio Kansel kuier ons lekker saam elke Maandag skuins na 11:00. Kom kuier gerus saam!

Hier kuier ek saam met Lourens Campfer, eienaar van Bodytec Centurion. As jy jonk, beweeglik en gesond wil bly is Bodytec dalk die antwoord vir jou ook!

Bodytec 06/05/2026

In Maandag se Plus 50 Kuiertyd op Radio Kansel het ek gesels met Lourens Campher van Bodytec Centurion oor die EMS Oefening Stelsel wat tans ongelooflike resultate behaal in Herstel Pasiënte en Kliente wat supel, fiks en jonk wil bly.

Bodytec In die program Plus 50 Kuiertyd gesels Joyce Jacobs vandag met Lourens Campher van Bodytec Centurion. As jy al ooit gewonder het hoe jy jou liggaam kan herstel, vernuwe en jonk kan hou, moet jy vandag saam kuier.

29/04/2026

Behoort aan die leeskring en bly jonk en gesond!! Lees hieronder!

Want your practice to be the top-listed Clinic in Centurion?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Address


Centurion

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 17:00