Die Landbougesprek

Die Landbougesprek

Share

Bly hier op hoogte van snitte wat op RSG Landbou uitgesaai word. *Nie die amptelike RSG-blad nie.

20/07/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Die 56ste jaarkongres van die Vereniging van Veekunde het vanjaar in Kaapstad plaasgevind. Een van die hoogtepunte van die kongres is die Veeplaas en Stockfarm studente-vasvra. Noordwes Universiteit, die Universiteit van Pretoria en Stellenbosch Universiteit was die top drie universiteite. Maar wie het as wenners uit die stryd getree? Moenie vanoggend se RSG Landbou misloop nie.

Die Oos-Vrystaat het in Junie die meeste aartappels in die land gelewer. Om te hoor hoe die res van die land se produksie in Junie gevaar het, luister ons na Aartappels SA se jongste markverslag.

Ons weeklikse landbounuus kom ook aan die b***t.

Klik op die skakel in die komentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

Veeplaas Tydskrif Stockfarm MagazinePotato Nation NWU - North-West University University of Pretoria Stellenbosch University

16/07/2026

In vandag se aflewering van RSG Landbou:

Het jy geweet die eerste konferensie vir Suid-Afrika se tafeldruifbedryf word vroeg in Augustus by Franschhoek aangebied? Talitha Venter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Wingerd- en Wynkunde vertel ons meer.

Nematodes is mikroskopies-klein ronde- of aalwurms wat in grond, water en plantweefsel voorkom. Sommige is uiters voordelig, terwyl ander groot skade kan aanrig. Nematode-monsterneming en diagnostiese ontleding is noodsaaklik vir die bestuur hiervan, maar wat presies behels hierdie proses? Raymond Collett van MBFi deel ‘n paar wenke.

Johan van den Berg is terug met ons weeklikse weervooruitsigte en Chris Derksen gesels soos altyd oor vleispryse.

Klik op die skakel in die komentaarafdeling om na die uitsending te luister! 👇

South African Society for Enology and Viticulture MBFi

Want your business to be the top-listed Media Company in Centurion?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Address


Centurion
0157