Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie
Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie
13/06/2026
π§£βοΈ WINTER DRIVE 2026 βοΈπ§£
Hierdie Junie span ons saam met PEN, 'n middestadbediening wat daagliks hoop bring deur hul werk met hawelose mense, 'n skuiling, vroeΓ« kinderontwikkeling en verskeie gemeenskapsprojekte.
Ons het onlangs vir PEN besoek en is opnuut geraak deur die verskil wat hulle maak in mense se lewens. Daarom is ons dankbaar om gedurende Junie as 'n aflaaipunt vir hul Winter Drive te dien.
Ons samel die volgende items in:
π§₯ Warm klere
π§£ Komberse
π Skoene
π₯« Nie-bederfbare kos
𧦠Nuwe manssokkies
π Nuwe mansonderklere
Alle bydraes kan gedurende Junie by die kerk afgelaai word.
As volgelinge van Jesus glo ons dat omgee nie net iets is wat ons doen nie, maar deel is van wie ons is. Elke kombers, elke blikkie kos en elke paar sokkies vertel vir iemand: "Jy word raakgesien. Jy is waardevol. Jy is nie alleen nie."
Kom ons oefen saam ons omgee-spiere en maak 'n verskil, een geskenk op 'n slag. π
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
14 Baltimore Road, Pierre Van Ryneveld
Centurion
0157