Triomftog
Hier eer ons God deur sy liefde te wys. Dis wat ons is as begenadigdes, wat ons wil wees as verlostes
Stilword in die Psalms. Kersfees. Loof die Here!
Ps 150. (NLV)
“Loof die Here! Loof God in sy heiligdom! Loof Hom onder sy magtige uitspansel! Loof Hom vir sy magtige dade. Loof Hom vir sy eindelose grootheid. Loof Hom met die ramshoring. Loof Hom met lier en harp! Loof Hom met tamboeryn en koordanse. Loof Hom met snaarinstrumente en fluite! Loof Hom met die klank van simbale. Loof Hom met galmende simbale. Laat alles wat lewe, die Here loof! Loof die Here!”
Loof die Here vir sy magtige dade; Sy eindelose grootheid.
En die kulminasie, die vervulling, die knooppunt daarvan is die koms van sy Seun, ons Here Jesus Christus! Laat alles wat lewe die Here loof!
———-
Hierdie is vir eers die laaste van die dagstukkies. “Vir eers”, want ons kyk na ander moontlikhede om dagstukkies te bekom. Een so moontlikheid is die dagstukkies in die Almanak van ons kerke wat voorgelees en aangestuur word.
Baie dankie dat jy so getrou “ingeskakel” het oor al die jare. En ook dankie vir die positiewe terugvoer en reaksie hierop! Vir my was dit ook ń persoonlike reis wat my gevoed, getroos, insig bly gee het en my liefde vir die Here gebou het. Liefde en vrede!
Stilword in die Psalms. Kersfees: juig van blydskap!
Ps 98
“'n Psalm. Sing 'n nuwe lied tot eer van die Here, want Hy het magtige dade gedoen, deur sy krag en Goddelike mag het Hy oorwin. Die Here het sy oorwinning bekend gemaak, aan die nasies het Hy sy reddingsdade geopenbaar. Aan die huis van Israel het Hy sy liefde en sy trou herbevestig; die hele wêreld het gesien dat ons God die oorwinning behaal het. Juig tot eer van die Here, almal op aarde, wees vrolik, juig en sing! Sing tot eer van die Here met begeleiding van die lier, speel op die lier en sing. Blaas die trompet en die ramshoring, jubel tot eer van die Here, die Koning. Die see en alles daarin moet druis, die aarde en alles daarop moet juig, die riviere moet hande klap, die berge moet saam juig voor die Here, want Hy kom om oor die aarde te heers; Hy sal oor die wêreld heers met regverdigheid, oor die volke met billikheid.”
Die 1ste paar verse van die Psalm juig oor die verlossing wat die Here gebring het in sy volk se gekiedenis en vind vir ons vervulling in die eerste Kersfees. Die laaste paar verse roep na die laaste Kersfees, die wederkoms van ons Here. Lees die psalm weer en juig in die Here en wees bly in en voor Hom.
Stilword in die Psalms. Die kwaadaardigheid van jaloesie.
Ps 73:1-9.
“God is waarlik vir Israel goed, vir hulle wat rein harte het. 2 Maar ek, my voete het amper gegly my treë was amper wankelrig. 3 Want ek het verwaande mense beny; ek het die voorspoed van goddeloses gesien. 4 Hulle het immers tot hulle dood geen sorge nie; en hulle liggame is vet. 5 Aan die sorge van sterflinge het hulle nie deel nie, en hulle word nie geteister saam met gewone mense nie. 6 Daarom versier hoogmoed hulle nekke, bedek 'n kleed van geweld hulle. 7 Van vet peul hulle oë uit, die versinsels van hulle hart oorskry alle perke. 8 Smalend onderhandel hulle met bose bedoelings; uit die hoogte dreig hulle met afpersing. 9 Hulle rek hulle monde teen die hemel, en laat hulle tonge gaan oor die aarde. 10 Daarom draai sy volk hierheen. Wie vol is, word deur hulle uitgepers, 11 en hulle sê: “Hoe sal God dit weet? Is daar dan kennis by die Allerhoogste?” 12 Kyk, dit is hoe goddeloses is: Immer sorgeloos vermeerder hulle hulle rykdom.”
Die Psalmdigter bely dat hy in die greep van jaloesie is (v3). Jaloesie, die groenoog monster, vreet soos kanker aan geloof. Jaloesie is om iemand anders se lewe te wil hê. Dis nie alleen om te d**k dat ander nie hul goeie lewe verdien nie, maar dis om te d**k dat ék dit verdien en dat God dus nie regverdig was nie. Hierdie geestelike selfbejammering dreineer alle vreugde uit jou lewe uit.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
Corner Of Willem Botha And Meyer Street
Centurion
0157
Opening Hours
| 09:00 - 17:00 | |
| 18:00 - 19:00 |