Lingcom Primere Skool GRT

Lingcom Primere Skool GRT

Share

Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Lingcom Primere Skool GRT, Public School, Asterstreet, Kroonvale, Graaff-Reinet.

Photos from Lingcom Primere Skool GRT's post 23/05/2026

*Lingcom Primêre Skool Kondig Lootjiewenners Aan!* 🎶

Die opgewondenheid was tasbaar toe die wenners van ons R10-lootjie gister, 22 Mei getrek is! Baie geluk aan ons gelukkige wenners wat met heerlike en praktiese pryse weggestap het:

🥇 1ste Prys (Heel vark): R. Adams
🥈 2de Prys (Koue vleishamper): S. Uddin
🥉 3de Prys (2kg Gemaalde vleis): J. Baartman
🎁 Troosprys ("Beatbox"): Me. Green

Ons sê baie dankie aan elke ouer, leerder en personeellid wat ’n kaartjie gekoop of verkoop het. Elke bydrae maak ’n verskil aan ons skool!

Hoewel die ondersteuning hierdie keer nie so oorweldigend was as wat ons gehoop het nie, kyk ons met groot verwagting vorentoe.
Ons vertrou en maak staat op die volle samewerking van álle ouers met ons volgende lootjie- en woekerpoging. As ons saamstaan, bou ons ’n beter môre vir ons kinders! 💙❤️🤍 🏆

27/04/2026

Alles Behalwe 'n Boekesak...

Ons Graad R het die gewone roetine gebreek en skool lekkerder gemaak op Vrydag wat aangesluit het by Donderdag se Wêreldboekedag.
Leerders moes ’n alternatief vir ’n boeksak uitdink—soos ’n mandjie, gift bag, emmer of selfs ’n kussingsloop.
Op die manier raak leerders meer betrokke en opgewonde om skool toe te kom.




❤️🤍💙

Want your organization to be the top-listed Government Service in Graaff-Reinet?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Website

Address


Asterstreet, Kroonvale
Graaff-Reinet