Heilbron Herald

Heilbron Herald

Share

Local news and printing supplier. Corporate clothing, gifts and stationary

13/06/2026

HEILBRON DORPS NETBALDAG – 15 AUGUSTUS 2026!

Riemland, maak gereed! Bring jou vriende, familie en spanmaats vir 'n dag propvol netbal, pret en kuier. Dorpe reg oor die Riemland word uitgenooi om hul spanne in te skryf en deel te wees van hierdie opwindende dag by Hoërskool Heilbron!

Maak reg vir 'n dag vol sport, pret, lekker kos en goeie geselskap by Hoërskool Heilbron!

✅ Netbal begin om 10:00
✅ Spaninskrywing: R1 000 per span (10 spelers – 5 dames & 5 mans)

🏆 Fantastiese pryse vir 1ste, 2de en 3de plek, plus 'n wisseltrofee!

🍔 Kosstalletjies: R500 per stalletjie
🛍️ Besigheidstalletjies: R200 per stalletjie

🍺 Biertent
🏰 Springkastele vir die kinders
💃 Dans vir volwassenes vanaf 18:00 tot 23:00
🍻 Kontant kroeg beskikbaar en jy kan jou eie vleis bring om te braai; bykosse word voorsien. Die ingang is R80 p.p. 🥩

Elke span kan hul eie unieke naam kies en volgens hul tema aantrek!

Bring jou familie, vriende en spanmaats vir 'n onvergeetlike dag van sport, vermaak en gemeenskapsgees!

?Hoërskool Heilbron Heilbron
📅 Datum: 15 Augustus 2026
📞 Vir meer inligting en inskrywings kontak Chantal Kruger: 062 385 4236

😄 Kontak mag dalk ook in ’n Uno reverse ontaard – bring net goeie gees saam!

05/06/2026

NOG ’N AANVAL SKOK HEILBRON:
Dieselfde Verdagte Weereens Betrek

Ná die aanval vroeër die week op Adele Booysen, is daar vandag berig van nog ’n voorval waar dieselfde vrou glo ’n ouer dame aangeval het.

Volgens voorlopige inligting is die verdagte reeds in hegtenis geneem. Daar word verder beweer dat sy Maandag in die hof sal verskyn, waar daar onder meer besluit sal word oor moontlike vrylating.

Min besonderhede is tans beskikbaar en die situasie word steeds ondersoek.

Dit is ’n ontwikkelende storie. Volg die Heilbron Herald vir verdere opdaterings soos meer inligting beskikbaar word.

Want your business to be the top-listed Advertising & Marketing Company in Heilbron?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Els Straat 44
Heilbron
9650

Opening Hours

Monday 07:30 - 17:00
Tuesday 07:30 - 17:00
Wednesday 07:30 - 17:00
Thursday 07:30 - 17:00
Friday 07:30 - 17:00
Saturday 08:30 - 13:00