Romanza
Liefde leef hier 💕 Hiér kan julle klets, lag of stry oor die karakters wat vir ons vriende, familie of vyande is.
14/06/2026
Sy hart vat kortpad na haar toe 🌻 Lees nou ’n stukkie uit Kortpadliefde deur Madelie Human hier:
Lani Tredoux verskuif die gewig van haar rugsak gemakliker op haar rug en vervat die kitaartas in haar regterhand. Wat vroegoggend as ’n heerlike avontuur begin het, het nou in ’n nagmerrie ontaard.
Haar kêrel . . . gewese kêrel het beloof om haar Pretoria toe te neem om haar musiekdroom na te jaag. Toe sy hom vertel dat sy glad nie in haar erfporsie belang stel nie, maar verkies om eerder as kelnerin te werk om haarself te onderhou, verander sy deuntjie baie vinnig. Toe hy besef hy staan nie ’n kans om in haar familie se rykdom te deel nie, los die frieken lamsak haar net daar langs die pad en draai terug Durban toe.
Blasend van boosaardigheid gaan sy kleedkamer toe by die stilhouplek kort duskant die berg by Harrismith waar hy haar hoog en droog gelos het. Sy spoel haar vuurwarm gesig met koel kraanwater af en trek ’n borsel deur haar hare. Wat staan haar nou te doen? Ryloop? Haar bloed kook steeds. Verdomde ruggraatlose Jason! Hoekom het sy hom ooit geglo?
Geld vir ’n huurmotor het sy nie. Noodgedwonge stap sy tot by die oprit na die tolpad. Die meeste motoriste ignoreer haar of bekyk haar kopskuddend in die verbygaan. Voertuie swiep by haar verby. Miskien is daar tog ’n barmhartige samaritaan wat haar sal jammer kry en oplaai.
“Ja, ja, ek weet hoe gevaarlik dit is om vroualleen hier langs die pad te staan, maar die man op wie ek al my hoop geplaas het, het my net hier gedrop,” brom sy onderlangs. Sy kan steeds nie glo dat die man wat die afgelope weke haar so vurig die hof gemaak en haar die maan en sterre beloof het, toe eintlik net agter haar erfporsie aan was nie! Sy moes dit geweet het, want haar lewe lank kon sy nooit seker wees of iemand werklik in haar belang stel, of slegs agter haar ouers se status en geld aan is nie. Dis hoekom sy mense so ver moontlik vermy. Pleks sy Jason ook vermy het.
’n Swart dubbelkajuitbakkie snel by haar verby, maar slaan dan remme aan en kom in trurat op die skouer van die pad nader.
💙 Lees nou hier verder: https://loom.ly/kLd-BSc
💙 Voeg hierdie boek op jou leeslys: https://loom.ly/g_JHUhI
13/06/2026
Deel 3: Verjaarsdagboodskap van Romance Writers of South Africa 🎉
Ons deel graag ’n spesiale verjaarsdagboodskap van Bailie Hantam, Voorsitter van Romance Writers of South Africa (ROSA):
Romanza turns 21, and yet, from the very beginning, you’ve held the key to our hearts.
Today, we celebrate more than a milestone. We celebrate a legacy: twenty-one years of stories that have touched lives, endured, and mattered. In a constantly changing world, Romanza has remained a steady source of warmth, connection, and hope.
Through your books, readers have laughed, cried, dreamed, and found their way back to the quiet, powerful truth of love. That is no small achievement.
At the Romance Writers of South Africa (ROSA), we honour your immense contribution to the genre. You have created a vital Afrikaans platform, a home where writers are nurtured, voices are heard, and stories are given the chance to shine. Because of you, countless stories have found their way into the world and into the hearts of those who needed them most.
As you step into your next chapter, may you continue to inspire, uplift, and lead. May your pages remain rich with emotion, your authors filled with creativity, and your journey marked by ongoing success.
With heartfelt congratulations and deep appreciation on your 21st birthday.
❤️
12/06/2026
Soms wag die mooiste hoofstuk op die plek waar jy die minste wil wees. Toe Karmen vir Marco, ’n straatmusikant, in Barcelona ontmoet, kry sy meer as net ’n nuwe kans op liefde.
❤️ Kry vandag jou kopie en verloor jouself in hierdie romantiese reis: https://loom.ly/m43NYXI
René van Zyl, Skrywer
11/06/2026
Deel 2: Liefde vir stories 💕
Romanza vier 21 jaar van liefde, romanse en onvergeetlike stories. Een van die grootste geskenke wat ons kon ontvang, is die ongelooflike gemeenskap van lesers en skrywers wat oor die jare saam met ons gegroei het.
Vandag deel ons verjaarsdagboodskappe van ons talentvolle skrywers wat deel is van Romanza se storie. Dankie dat julle die afgelope 21 jaar so besonders gemaak het 🩷
10/06/2026
Rinelda is gelukkig tussen haar verfblikke en kwaste en haar nuutste muurskildery maak haar opgewonde. Maar net toe sy d**k haar lewe kry koers, verskyn ’n skim uit haar verlede.
Sewe jaar gelede het Ewald ’n nota op haar kussing gelos en verdwyn. Nou is hy terug en vasbeslote om haar terug te wen. Sy probeer hom vermy, maar hulle werk saam op boupersele. Hoe meer sy veg teen die aantrekkingskrag, hoe sterker word dit. Gaan ’n misverstand hulle brose serenade vernietig?
💚 deur is beskikbaar by jou naaste boekwinkel en aanlyn: https://loom.ly/fgYC9AQ
💚 Die e-boek is beskikbaar by:
LAPA: https://loom.ly/Onflmyc
Amazon: https://loom.ly/C4jG2FU
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
162 Tonetti Street, Midpoint Business Park, Halfway House
Midrand
1685
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 16:00 |
| Tuesday | 08:00 - 16:00 |
| Wednesday | 08:00 - 16:00 |
| Thursday | 08:00 - 16:00 |
| Friday | 08:00 - 16:00 |