Coetzees Ingelyf

Coetzees Ingelyf

Share

“Hierdie Coetzees Facebook Blad is slegs bedoel as 'n algemene inligtingsblad en moet gevolglik nooit as regs- of ander professionele advies benut word nie."

09/02/2024

Karen van Heerden het gister die merkwaardige mylpaal bereik deur 35 jaar werksaam te wees by Coetzees Ingelyf .Sy het 35 jaar terug by ons aangesluit as junior tikster net uit die skool uit.Vandag is sy my Senior Sekretaresse en absoluut onmisbaar vir my. Karen daar is nie woorde om te beskryf hoe ons jou lojaliteit en werks etiek waardeer nie. Jy het jouself bekwaam deur soms moeilike tye om vandag een van ons onmisbare steunpilare in die kantoor te wees.Mag jy nog lank en gelukkig deel bly van ons besondere span. Cheers op nog 35 jaar!!

18/04/2020

Geagte kliente,
Ons word almal op een of ander wyse deur die Covic -19 pandemie beinvloed. Ons is oortuig dat ons met God se genade deur hierdie baie moeilike tyd sal kom op maniere wat net HY kan voorsien. Ons besef die noodsaaklikheid van en ondersteun die Regering se stappe om die verspreiding van die virus te beperk.
Intussen is dit egter so dat die lewe moet voortgaan en sal voortgaan, welliswaar seker nooit weer op dieselfde wyse as vantevore nie.
Wat betref ons Kantoor, was ons verplig om die kantoor tydelik fisies te sluit, maar ons personeel en onsself werk onverpoosd van ons huise af. Ons mag nie persoonlike kontak hê met ons kliente nie en ons d**k dit is in elk geval verantwoordelik om persoonlike kontak tans te vermy.
In die moderne era waarin ons lewe is dit beslis nie so 'n groot probleem as wat dit met die eerste oogopslag lyk nie.
U kan en ons nooi u ook uit om ons op enige van die volgende wyses te kontak indien u enige van ons dienste benodig of oor die algemeen net raad of ondersteuning benodig:
Per epos
Per Whats App
Per Telefoon
Cecile de Milander
[email protected]
Selfoon en Whats App
0824521424
Japie Coetzee Jnr
[email protected]
Selfoon en Whats App
0724036784
Japie Coetzee Snr
[email protected]
Selfoon en Whats App
0827717167
Kyk gerus ook na ons webblad waar die dienste wat ons lewer uiteengesit word en ook raad gegee word oor aspekte soos Boedels, Eiendomstransaksies, Boedelbeplanning en Belastingaangeleenthede.
As u ons kantoor skakel by 0568112136, sal u ook verdere inligting kan bekom wat ons van tyd tot tyd op 'n bandopname beskikbaar sal stel.
Ons kan ook reel om vitueel met u te konsulteer as dit u behoefte is.
Saam sal ons ook deur hierdie krisis kom.

www.coetzeesattorneys.com

06/09/2019

Hierdie jaar is ons dalk nie voltallig nie... Sommiges hou vakansie, ander het n baba gekry en party word gesond MAAR steeds is dit lekker om deel te wees van hierdie uitstekende Coetzees-span! Lekker loslitdag 2019

Want your practice to be the top-listed Law Practice in Parys?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Address


Buiten Straat 25
Parys
9585

Opening Hours

Monday 08:00 - 17:00
Tuesday 08:00 - 17:00
Wednesday 08:00 - 17:00
Thursday 08:00 - 17:00
Friday 08:00 - 16:30