PHS Netbal

PHS Netbal

Share

PHS se netbal nuus en inligtingsblad

Photos from PHS Netbal's post 11/08/2022

PIETIES EN OUD-PIETIES BY SA NETBAL SPAR KAMPIOENSKAPPE IN POTCHEFSTROOM

In die senior Capricorn damesspan speel Melandie Snyman, oud-Pietie en onderwyseres by PHS saam met oud-Pieties Clarichia du Plessis en Carmen Gerner (neé van der Walt).

Die o/21 A Capricornspan word afgerig deur Elmari Craig en in die span speel oud-Pietie Odine Swanepoel en Carla Craig asook Zené de Waal wat in PHS was tot in Gr. 11.

Beide die spanne het bo in hul poel geeïndig en speel môre in die semi-finale. Baie sterkte aan hierdie dames!

Photos from PHS Netbal's post 06/08/2022

PIETIE NETBAL BY SA TOP SKOLE

Baie sterkte aan die o/14 A, o/16 A en o/17 A wat tans die skool se naam hoog hou by EGJansen vir die SA Top skole toernooi.
Baie sterkte aan hierdie speelsters!

Photos from PHS Netbal's post 30/07/2022

O/15 KAY MOTSEPE LIMPOPO KAMPIOENSKAPPE

Baie geluk aan die o/15 dogters wat vandag hard gespeel het tydens die Limpopo finale om uiteindelik gekroon te word as Limpopo kampioene!
Die uitslae is as volg:
Poel wedstrye:
Wen Hlabi 18 - 2
Wen Nylstroom 21-7

Kwarteind:
Wen Capricorn 16-5

Semi finaal:
Wen Frikkie Meyer 20-9

Finaal:
Wen Noorderland 23-14

Hierdie span gaan PHS en Limpopo verteenwoordig by die SA Motsepe Cup wat plaasvind by Hs Bekker van 18 - 20 Augustus 2022.
Baie sterkte vir die pad vorentoe!

Want your school to be the top-listed School/college in Polokwane?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


125 Dorp Street
Polokwane
0699