Putter Geological Services

Putter Geological Services

Share

Optimal borehole location detection and groundwater management. 35+ Years of geological experience.

22/05/2025

Baie mense d**k om 'n pomp vir 10 minute te laat loop is genoeg tyd om ’n boorg*t te toets. Maar dis misleidend. 'n Toets moet minimaal 2–4 uur loop — en selfs dan moet jy die vloei, statiese vlak, en hersteltyd meet.

Dis nie net hoeveel water uitkom nie — dis hoe daai g*t onder druk optree. En of jy môre nog kan pomp.

Toets jou boorg*t op die regte manier. Kliek hier en op WhatsApp.
https://wa.me/27827853957

Deel gerus jou eie ervaring — ek lees saam. 👇

21/05/2025

Jy hoor dit… maar sien jy reg?

Baie mense sê hulle het ’n boorg*t getoets. Maar wat presies het jy gemeet?

Want 10 minute se pomp is nie ’n toets nie — dis net ’n voorsmakie.

’n Ware toets wys jou nie net hoeveel water daar ís nie, maar of daai g*t môre ook nog sal hou.

. Ek wys jou hoe om slim te toets. Bel my op WhatApp, dan gesels ons. https://wa.me/27827853957

*tReg

14/05/2025

Wil jy gesels by Nampo, Frans is daar met 34 jaar se veldkennis.

Stuur ‘n WhatsApp en https://wa.me/27827853957

Photos from Putter Geological Services's post 13/05/2025

Drie redes waarom jou boorg*t misluk het:

1. Jy’t sonder in-diepte navorsing studie geboor.
Jy’t geglo die grond sal praat, maar jy’t nie geluister nie. Sonder ’n hidrogeologiese studie – sonder om die geologiese kaarte te lees, die lugfoto’s te bestudeer, en die geofisiese opnames te doen – het jy geboor in stilte.

Waterwys gebruik geologiese kaarte, lugfoto’s en geofisiese opnames om die grond se storie te verstaan, sodat jy nie hoef te raai nie.

2. Jy’t die verkeerde plek gekies – op aanvoeling alleen.
Jy’t op gevoel gegaan, soos jou pa en sy pa voor hom. Maar gevoel sien nie die breuke in die rots nie, die gange wat die water lei, of die dolomiet wat dit hou.

Waterwys gebruik magnetometer- en resistiwiteitsopnames om die ondergrondse struktuur te verstaan, sodat jy weet waar om te boor.

3. Jy’t ged**k reën los alles op. Maar grondwater praat stadig.
Grondwater verander oor tyd. ’n Plaas wat eens volop water gehad het, kan jare later sukkel – nie omdat dit minder reën nie, maar omdat te veel onttrek is, te vinnig, te lank. Reënval maak dit makliker om die waterpotensiaal raak te sien, ja. Maar dit beteken nie jou grondwater is vol nie. Een goeie seisoen maak nie ’n verskil as jy nie jou water volhoubaar bestuur nie.

Waterwys verstaan hoe reën, tyd en gebruik saam jou waterpotensiaal beïnvloed. Ons wys jou nie net waar om te boor nie, maar hoe om grondwater slim te bestuur.

Stuur jou ligging via WhatsApp en : https://wa.me/27827853957

Want your public figure to be the top-listed Public Figure in Potchefstroom?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


Potchefstroom
2531