Sol-Tech

Sol-Tech

Share

Solidariteit het in 2006 die fakkel tot opleiding aangesteek en sy eie tegniese opleidingskollege op die been gebring.

14/07/2026

Word deel van die Sol-Tech span, doen aansoek vir die volgende vakante poste:

Lektor | Elektries
Lektor | Meulmaker
Programfasiliteerder Intern | Vaste Termyn Kontrak

Vir meer inligting, besoek gerus die webblad: https://sol-tech.co.za/vakante-poste/

13/07/2026

Ná die suksesvolle voltooiing van hul Finale Interne Summatiewe Assessering (FISA) het die heel eerste haarkappery-studente, elk die klok drie keer gelui. ’n Sol-Tech-tradisie wat prestasie, volharding en nuwe begin simboliseer.

Met ’n 100% slaagsyfer is daar beslis rede om fees te vier!

10/07/2026

‘n Kykie agter die skerms van die Sol-Tech Skoliere internskapprogram.

Graad 11- en 12-leerders het hierdie week nie net ’n voorsmakie van die wêreld van menslike hulpbronne, bemarking, opleiding en meer gekry nie, maar het ook nuwe mense leer ken en goeie vriendskappe gevorm, wat hierdie ervaring nog meer besonders gemaak het.

SR laat hul merk by Sol-Tech: 'n Nalatenskap wat voortleef - Sol-Tech 09/07/2026

Daar is oomblikke wat veel groter betekenis dra as wat dit op die oog af lyk. By Sol-Tech is een van daardie oomblikke wanneer lede van die Studenteraad (SR) hul name op die Plaatjiemuur aanbring – ‘n besondere tradisie wat hul bydrae tot die instelling verewig en hulle vir altyd deel maak van Sol-Tech se storie.

Lees die volledige artikel hier:

SR laat hul merk by Sol-Tech: 'n Nalatenskap wat voortleef - Sol-Tech Daar is oomblikke wat veel groter betekenis dra as wat dit op die oog af lyk. By Sol-Tech is een van daardie oomblikke wanneer lede van die Studenteraad

06/07/2026

‘n Hartlike welkom aan die groep skoliere wat vanjaar deel is van ons Skoliere Internskap.

Hierdie week gaan oor om te ontdek, leer en te groei. Ons is opgewonde om julle hier by Sol-Tech te hê!

Geniet elke oomblik – Mag hierdie ervaring die begin wees van iets besonders.

Want your university to be the top-listed University in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address


16 Duinlewerikstraat, Monumentpark X15
Pretoria
0019

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:30
Tuesday 08:00 - 16:30
Wednesday 08:00 - 16:30
Thursday 08:00 - 16:30
Friday 08:00 - 15:00