Aros

Aros

Share

Akademie Reformatoriese Opleiding en Studies (Aros). Onderwysersopleiding in Suid-Afrika. Aros se kampus is in Montanapark, Pretoria geleë.

Photos from Aros's post 17/07/2026

‘n Voorreg om ons BAHons in Christelike Filosofie-studente op kampus te verwelkom!

Vandag het ons die voorreg gehad om ons BAHons in Christelike Filosofie-studente op kampus vir ‘n inspirerende werkswinkel te ontvang. Dit is altyd besonders om studente te sien wat hul kennis verdiep en toegerus word om met ‘n Bybelsgefundeerde wêreldbeskouing ‘n betekenisvolle verskil in hul beroepe en die samelewing te maak.

Die BAHons in Christelike Filosofie rus studente met meer as net inleidende kennis toe – dit bied ‘n diepgaande en gespesialiseerde begrip van filosofie vanuit ‘n Christelike perspektief. Die program ontwikkel kritiese denke, ondersoek relevante filosofiese denkrigtings en rus studente toe om die hedendaagse kultuur met wysheid en oortuiging te beïnvloed.

📚 Wil jy jou denke verdiep en jou beroep vanuit ‘n Christelike grondslag versterk?
👉 Skryf vandag nog in vir die BAHons in Christelike Filosofie by Aros. Besoek ons webwerf by www.aros.ac.za.

17/07/2026

Arries, kom toets jou algemene kennis en wen lekker pryse!
Die SR en HK is op soek na 2026 se vasvrakampioen.
Hou Aros se sosialemediaplatforms dop vir die skakel wat Maandag, 20 Julie, geplaas gaan word.

Let asb. op die volgende:
* Slegs ingeskrewe Aros-studente mag deelneem.
* Slegs een inskrywing/poging per student word toegelaat.

Moenie hierdie aanlyn aksie misloop nie – leer, lag en wen saam met jou mede-Arries!

15/07/2026

Het jy gehoor? Dié prys gaan jou beslis laat dans!

Arries, kom toets jou algemene kennis en wen lekker pryse!
Die SR en HK is op soek na 2026 se vasvrakampioen.
Hou Aros se sosialemediaplatforms dop vir die skakel wat Maandag, 20 Julie, geplaas gaan word.

Let asb. op die volgende:
•⁠ ⁠Slegs ingeskrewe Aros-studente mag deelneem.
•⁠ ⁠Slegs een inskrywing/poging per student word toegelaat.

Moenie hierdie aanlyn aksie misloop nie – leer, lag en wen saam met jou mede-Arries!

15/07/2026

Het jy nie meer krag vir die res van die semester nie? Die derde prys mag dalk net help ...

Arries, kom toets jou algemene kennis en wen lekker pryse!
Die SR en HK is op soek na 2026 se vasvrakampioen.
Hou Aros se sosialemediaplatforms dop vir die skakel wat Maandag, 20 Julie, geplaas gaan word.

Let asb. op die volgende:
* Slegs ingeskrewe Aros-studente mag deelneem.
* Slegs een inskrywing/poging per student word toegelaat.

Moenie hierdie aanlyn aksie misloop nie – leer, lag en wen saam met jou mede-Arries!

15/07/2026

Aros-netbal neem deel aan Fontie-spele 2!

Kom ondersteun ons Arries langs die baan en beleef ’n oggend vol netbal, gees en goeie kompetisie!

Die wedstryd vind op Saterdag 18 Julie 2026 by Hoërskool Centurion plaas.

Wedstrydprogram:
🏐 08:00 – Aros B vs. Daglelie B | Baan 1
🏐 08:50 – Aros A vs. Eduvos | Baan 2
🏐 09:40 en 10:30 – uitspeelwedstryd (derde tot agste plek) | Baan 1 en 2
🏆 11:20 – finaal | Baan 1

Toegang:
Spelers ontvang bandjies.
- Toeskouers: R30,00
- Studente: R15,00

Sien jou Saterdag langs die baan!

15/07/2026

Korrekte antwoord: c. dobbelsteen.

Verduideliking:
Teerling is ’n verouderde vorm van die woord “dobbelsteen”. Dié woord is ontleen van die Franse woord “terne”, wat oorspronklik “faire terne” was – dit verwys na drie stene wat met dieselfde steen gegooi word. Teerling kan ook in Afrikaans gebruik word om na ’n kubus te verwys.

Teerling kom ook in ’n paar Afrikaanse idiomatiese uitdrukkings voor:
Die teerling gooi (werp): Dit verwys na ’n besluit wat geneem moet word, met die wete dat die besluitnemer die gevolge vir die besluit gaan moet dra, bv.:
Hy het die teerling gegooi en die motor op skuld gekoop.
Die teerling is gewerp: Dit verwys na ’n besluit wat vas staan (daar is nie meer omdraaikans nie) bv.:
Nadat Julius Caesar die Rubicon oorgesteek het, het hy geweet: Die teerling is gewerp.

Bronne: Woordeboek van die Afrikaanse Taal (Aanlyn WAT, 1950-2026) en Etymologiebank.nl.

Was jy reg?

Want your university to be the top-listed University in Pretoria?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Address

Besembiesiesweg 1037, Montana Park
Pretoria
0186

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00