Ruan Roux
Ons geliefde seun en broer! Mis jou baie!
12/04/2026
Ruan - Jy is nie hier nie maar tog voel ek jou teenwoordigheid en dit gee my krag.
Ek mis jou meer as wat woorde kan uitdruk - maar jou gees sal vir ewig in my hart en siel voortleef.
Gelukkige verjaarsdag in die Hemel!
Die LEWE is kort, leef vandag en moet nooit uitstel nie:
* PRAAT terwyl hulle nog kan hoor,
* DRUK terwyl hulle nog kan voel, en
* MEMORISEER hul gesigte terwyl jy nog hulle glimlag kan sien!
09/08/2023
Ruan - Jy is nie hier nie maar tog voel ek jou teenwoordigheid en dit gee my krag.
Ek mis jou meer as wat woorde kan uitdruk - maar jou gees sal vir ewig in my hart en siel voortleef.
12/04/1989 - 09/08/2006
Merché Roux
Andre Roux
Gerhard SexSea Roux
Terrie Roux
Eloise Burnett Roux
09 Augustus - Elke jaar op die dag onthou ek my jongste seun Ruan wat tragies van ons weggevat was, VEELS TE VROEG!
Ons was platgeslaan met die tragedie....... maar soos tyd aanstap en die jare gaan verby en almal wat Ruan geken het probeer steeds die rede verstaan hoekom? Dan kom ek tot terme met die seerkry!
Maar die lewe staan nie stil nie en die lewe gaan aan en besef ek en ook die wat Ruan geken het hoe gesëend ons was om hom vir so n rukkie in ons lewens te kon gehad het.
Sy mooi herrineringe sal altyd by my bly want alles gebeur tog met n rede.
Met die gedagte het ek aanbeweeg en glo ek in n groter plan en vier ek die mooi herrineringe en tyd wat ons saam spandeer het!
Vir altyd in ons harte!
Baie liefde en Pa mis jou!
12/04/1989 - 09/08/2008
Hartlike verjaardag groete word aan jou gestuur Ruan om uit te druk hoeveel jy werklik gemis word op hierdie spesiale dag van jou lewe. Mag jy vandag 'n wonderlike verjaarsdag in die hemel hê!
Liefde Pa ❤️
13 jaar voel soos eendag!
Vandag herdenk ek weer Ruan se lewe op aarde en al die wonderlike herrinering wat hy gelaat het vir my!
Ek weet hy vlieg hoog saam al God se Engele en waak oor ons wie hy agter gelaat het!
My vaderhart is weer seer vandag want daar was nog soveel wat ons moes gedoen het maar God het anders besluit en moet ek berusting vind daarmee, dit is moeilik!
Hulle sê tyd heel wonde maar die letsel bly vir ewig.
Die lewe is onnaakbaar en verstaan ek nie altyd nie maar ek vind berusting dat God die pad vir my alreeds gebaan het wat ek moet wandel en my dankbaarheid daarvoor is groot!
Dankie vir ‘n wondelike vrou en kinders wat dit vir my soveel makliker maak, ek is onsettend lief en dankbaar vir julle! ❤️❤️
09/08/2020
12 jaar gelede is jy skielik van ons weggeruk, dit voel soos gister! Ruan jy sal altyd in ons harte wees! Ons mis jou! 😭😭 Baie Liefde Pa!
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Website
Address
Pretoria