Springbok Haarkapper - since 1968
Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Springbok Haarkapper - since 1968, 254 Beyers Naude, Rustenburg.
09/04/2026
My broer, Nico Fourie, en sy seun, Richo Fourie, is trots om hulle dienste aan die publiek beskikbaar te stel. Hulle is self aktief betrokke by elke projek. Hulle staan nie terug en kyk hoe die werk gedoen word nie – hulle werk self hard saam. Geen werk is te klein of te groot nie! Skakel hulle gerus. 👇🏻
28/01/2026
My droom vir Springbok Haarkapper was en is nog altyd dat dit ‘n plek sal wees waar elke werknemer hulleself sal kan uitleef as die persoon wie God hulle geskape het om te wees. Die salon is ‘n spasie waar ons mekaar respekteer en mekaar met liefde hanteer. Ons reik uit na mekaar, dra mekaar se laste, deel in mekaar se vreugdes en ons moedig mekaar aan in alle omstandighede. Dis ‘n salon waar ons steef om Jesus se liefde teenoor mekaar en teenoor wlke kliënt uit te leef. Toe my pa in 2012 aftree en ek alleen in Springbok Haarkapper staan het ek vir die Here gesê my hartsbegeerte is dat hierdie nie net ‘n salon sal wees waar mense kom hare sny nie. Maar dat dit ‘n bediening sal wees. Waar mense Jesus se vrede, liefde, vriendelikheid en omgee sal ervaar. Waar kliënte en werknemers wat gebroke is en seer het genesing kan ontvang en heel word. Elke jaar het die Here iets nuuts kom doen binne in my hart en in die salon. Vandag staan ek nederig en dankbaar voor die Here dat Hy hierdie eenvoudige Barber geneem het en mense bymekaar bring en lewens aanraak. Ons leef in tye waar die lewe moeilik, onregverdig, wreed, swaar en donker is. Ek dank die Here dat ek vir elke werknemer binne in die salon kan bid en vir elke kliënt wat by hierdie salon se deur instap. Ek dank die Here dat Hy in ons en deur ons sy liefde laat vloei. Elke goeie gawe, kom uit die Vader se hand. Daarom wil ek vandag alle eer aan die Here Jesus Christus gee, wat in ons lewens in kom en wat ons almal saam bring binne in hierdie salon, om ons te seën. Mag u die reikdom van God se liefde en die omgee ervaar wanneer u Springbok Haarkapper besoek. Bid asb saam met ons dat die Here die salon nog meer sal gebruik vir Sy wil en eer.
Ek is lief en dankbaar vir elkeen van hierdie dames wat die Here bygevoeg het by hierdie span hier by Springbok Haarkapper.
Ek is dankbaar en waardeer elke kliënt se ondersteuning, omgee en liefde teenoor die salon.
Mag u elkeen God se vrede ervaar!
Madeleine
Springbok Haarkapper
(Eienaar)
28/01/2026
Ons student wat binnekort kwalifiseer! Ons almal het iewers in die lewe onder begin. Ons is trots op Catelind wat baie goed vorder onder die toesig en leiding van Antoinette.
Kom ondersteun ook vir Catelind!
Skakel 0100207709 om jou afspraak by Catelind te maak.
13/01/2026
‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️
⚠️Werksgeleentheid by Springbok Haarkapper!!!
‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️‼️
Help ons asb om die woord te versprei deur die Post te “Share” en dalk ken jy iemand.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Telephone
Website
Address
254 Beyers Naude
Rustenburg
0299
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 17:00 |
| Tuesday | 08:00 - 17:00 |
| Wednesday | 08:00 - 17:00 |
| Thursday | 08:00 - 17:00 |
| Friday | 08:00 - 17:00 |
| Saturday | 08:00 - 13:00 |