Every Nation Kruislig

Every Nation Kruislig

Share

Kruislig se hartklop is om God te eer deur mense te dissipel in Sy woord, krag en teenwoordigheid.

13/07/2026

SONDAGDIENS - 12 Julie 2026

In hierdie Sondagdiens het Deborah de Beer ons deur Psalm 127 geneem, waar sy belangrike waarhede uit die Woord met ons gedeel het. Sy het gefokus op Psalm 127:1: “As die Here die huis nie bou nie, tevergeefs werk dié wat daaraan bou.”

Die boodskap het ons uitgedaag om eerlik te vra: Bou ons saam met die Here, of probeer ons in ons eie krag bou? Alles wat ons doen, moet begin by Hom en volgens Sy plan gebou word.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/VlQCjnWHFvE

06/07/2026

SONDAGDIENS - 5 Julie 2026

In hierdie Sondagdiens het Tristen Bourne ons deur Jakobus 1:1–5 geneem, waar hy waardevolle waarhede oor God se wysheid gedeel het. Hy het ons uitgedaag met die vraag: "Is die wysheid van God nog vir my genoeg?"

Met Jakobus 1:5 as fokusvers – "En as een van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word." – het Tristen ons aangemoedig om tyd te neem en hierdie vraag eerlik voor die Here te beantwoord.

God belowe om wysheid te gee aan elkeen wat dit in geloof van Hom vra.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/thgFuGZ4uf8

22/06/2026

SONDAGDIENS - 21 Junie 2026

In hierdie Sondagdiens het André de Jager ons deur Josua 9 geneem, waar hy belangrike punte uitgelig het oor wysheid en besluitneming. Hy het ons bemoedig om altyd “wise counsel” te soek en nie op ons eie insig staat te maak nie.

Die boodskap het ons uitgedaag om eerlik te d**k oor met wie ons ons omring en na wie toe ons gaan wanneer ons wysheid en leiding nodig het.

Volg die link om na die diens te luister: https://youtu.be/BAZcp1M8xws

01/06/2026

MANNE MAANDAG - 1 Junie 2026

Ons nooi graag elke man na Manne Maandag wat vaanaand plaasvind om 18:00 by die kerk.

Moet dit nie mis nie, nooi iemand saam.

⏰ 18:00
📍 Every Nation Kruislig

Bring jou Bybel!

Want your place of worship to be the top-listed Place Of Worship in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


(Dienste-09: 00
Rustenburg
0300

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00
Sunday 09:00 - 00:00