Rustenburg Gemeenskapskerk
Rustenburg Gemeenskapskerk. Almal Welkom. Rustenburg Gemeenskapskerk
Die gemeente is op 10 Februarie 2008 met tien (10) lidmate gestig. Jeugbediening
4. Reklame
17/06/2026
Lattes☕️Live Worship🎶Vriende🧡Jesus✝️
Dit was die perfekte kombinasie vir ’n ongelooflike jeug social by Ons het saam met Duane Louw aanbid en diep gesels oor ons waarde en identiteit in Christus. In ’n wêreld wat heeltyd probeer bepaal wie jy moet wees, is dit ongelooflik om te weet dat jou identiteit reeds veilig & bepaal is in & deur Hom.
Ons harte is vol en ons sien reeds uit na die volgende een! 🙌🔥
08/06/2026
Goeiemôre RGK!
Dit is weer tyd vir die jaarlikse Charitas rolbaldag. As jy 'n span kan inskryf maak gerus so - vir die kinders van Rustenburg. Hulle het ons nodig.
Groete!
Ds Ernst Gottschalk🧔🏻♂️
31/05/2026
Goeienaand RGK.
Vandag was só 'n spesiale dag wat ons saam die nagmaal kon gebruik en vier en ook die uitslag van ons bouplan-stem kon lees!
Ek wil vir elkeen van julle weereens ongelooflik baie dankie sê vir julle toegewydheid, samehorigheid en ondersteuning van ons jeug by die potjiekos-kompetisie vandag. Vir elkeen wat bygedra het, self potjie gemaak het, die nagmaal tafel gedek het (wat pragtig was!) En van ver af 'n hand bygesit het.
Julle is, elkeen van julle YSTERS van die Here.
Groete!
Ds. Ernst Gottschalk🧔🏻♂️
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Telephone
Website
Address
Laerskool Rustenburg Skoolsaal, 170 Fatima Bhayat Straat
Rustenburg
0299
Opening Hours
| 09:00 - 10:00 |