Vryburger Omgeemense van Rustenburg

Vryburger Omgeemense van Rustenburg

Share

Dien met Vreugde

Die Vryburger Omgeemense van SA

'n Nie-politieke diens- en kultuurbeweging

30/04/2026

𝐇𝐨𝐮 𝐚𝐚𝐧 𝐝𝐢𝐞𝐧

𝑉𝑜𝑙𝑔𝑒ℎ𝑜𝑢𝑒 𝑑𝑖𝑒𝑛𝑠 𝑏𝑟𝑖𝑛𝑔 𝑟𝑒𝑠𝑢𝑙𝑡𝑎𝑡𝑒.

Ware verandering gebeur nie in een dag nie. Dit groei deur elke daad van omgee, elke hand wat help en elke hart wat aanhou gee.

Diens vra nie perfekte oomblikke nie. Dit vra getrouheid. Om weer op te daag. Om weer te help. Om weer ’n verskil te maak.

Bly getrou. Hou aan dien. Die impak wys met tyd.

13/04/2026

🔥 TAMAAIBRAAI 2026 – VRYBURGER OMGEE-MENSE 🔥

Wat ’n besonderse dag was dit nie!

Op Saterdag, 11 April 2026, het ons as die Vryburgers van Rustenburg weer die voorreg gehad om deel te wees van ons nasionale Tamaaibraai – en soos altyd was dit ’n groot sukses.

Ons het ons bejaardes bederf met heerlike braaivleis, lekker Afrikaanse musiek en Opregte omgee en kameraadskap.

Dit was vir ons meer as net ’n braai – dit was ’n dag van waardering, respek en liefde vir die mense wat soveel vir ons gemeenskap beteken het.

Die glimlagte, die lag en die stories wat gedeel is, herinner ons weer hoekom ons doen wat ons doen.

Baie dankie aan elke lid, borg en ondersteuner wat hierdie dag moontlik gemaak het – sonder julle sou dit nie dieselfde gewees het nie.

👉 Kyk gerus na die video en beleef die dag saam met ons!

Saam dien ons. Saam gee ons om.

Want your organization to be the top-listed Non Profit Organization in Rustenburg?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Telephone

Address


Rustenburg