Hervormde Kerk Secunda
Die Hervormde Kerk Secunda is 'n Geestelike tuiste vir almal
10/06/2026
God met jou, orals
Skrifgedeelte
“En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.”
GÉNESIS 28:15 AFR53
Gedagte
• God se teenwoordigheid is nie beperk tot ’n plek nie. Hy is met jou waar jy ook al gaan.
• Die Here belowe om jou te bewaar en te beskerm, selfs wanneer die pad onseker en uitdagend lyk.
• Wanneer jy alleen voel, onthou: God verlaat nooit Sy kinders nie en bly getrou aan Sy beloftes.
• God sien die einde van jou reis van die begin af en lei jou vlgens Sy volmaakte plan.
• Wat God belowe het, sal Hy voltooi. Sy Woord staan vas en Sy trou faal nooit.
Gebed
Here, dankie dat U altyd met my is. Help my om op U teenwoordigheid en beloftes te vertrou, ongeag my omstandighede. Bewaar my, lei my en voltooi alles wat U vir my lewe beplan het. In Jesus Naam, Amen.
Click here to claim your Sponsored Listing.
Category
Contact the place of worship
Telephone
Website
Address
Cnr Eric Louw & Rissik Str
Secunda
2302
Opening Hours
| Monday | 08:00 - 13:00 |
| Tuesday | 08:00 - 13:00 |
| Wednesday | 08:00 - 13:00 |
| Thursday | 08:00 - 13:00 |
| Friday | 08:00 - 13:00 |
| Sunday | 08:00 - 13:00 |