Marius Greeff Tours/Toere

Marius Greeff Tours/Toere

Share

Pilgrimages to Israel with a Christian guide. Every year since 2000. Our tours are based on quality at affordable prices and is based on experience.

Photos from Marius Greeff Tours/Toere's post 04/12/2025

TURKYETOER (5-17 Sept 2026) (English below)
Met die 7 gemeentes van Openbaring 2 & 3.
Ons ervaar ook baie van die mooi van hierdie land - die natuur, kultuur, handwerk (leer, matte, keramiek en sy) en smul aan die lekkerste Turkse geregte!
TURKYE bly persoonlik vir my een van my gunsteling bestemmings. Maar, toerlede geniet hierdie toer net so en wil ook graag altyd weer teruggaan na Turkye.
Laat ek vir jou die program stuur (my epos: [email protected] of Whats'App: 0829363462) en kom ervaar dit self.
Turkye is 'n mooi, (en veral) skoon en trotse land. Al die plekke wat ons besoek is baie interessant, om nie eers van al die koop-versoekings te praat nie...
Ook is die geskiedenis van die 7 gemeentes elkeen soos stukkies van 'n groter legkaart wat vir ons uiteindelik saam 'n prentjie gee van hoe uitdagend dit regtig was om 'n Christen in die vroeë kerk te wees... Die briewe van Johannes aan die 7 gemeentes kry vir jou telkens nuwe betekenis en gestalte as jy daar staan.
===================

TURKEY TOUR (5–17 September 2026)
Including the Seven Churches of Revelation 2 & 3.
We also experience so much of this country’s beauty — its nature, culture, traditional crafts (leather, carpets, ceramics and silk), and of course the most delicious Turkish cuisine!
Turkey remains, personally, one of my favourite destinations. But tour members enjoy this tour just as much and often want to return to Turkey again.
Let me send you the full programme (my email: [email protected] or WhatsApp: 082 936 3462) and come experience it for yourself.
Turkey is a beautiful, clean and proud country. All the places we visit are incredibly interesting — not to mention the wonderful shopping temptations…
And the history of the Seven Churches is like pieces of a larger puzzle, giving us a vivid picture of how challenging it truly was to be a Christian in the early church. The letters of John to the Seven Churches take on new meaning and depth each time.
It is truly something to experience.

Photos from Marius Greeff Tours/Toere's post 29/08/2024

Kom saam na my tweede toer na 'n Andre Rieu-konsert in Maastricht in Julie 2025 saam met WinskoopToere.
(Toer 1 is na mooie Oos-Europa en 'n Andre Rieu-konsert).
Ons tweede toer begin in Amsterdam (kanaalvaart). Ons beleef ook vroegoggend 'n blommeveiling in Aalsmeer waar 43 miljoen blomme elke dag opgeveil word. Dan na Maastricht vir een van Rieu se konserte op die Vrijthof-plein waarvoor hy so bekend is.
Hierna neem ons die pad na pragtige Brussels en Brugge. Dan kom Parys aan die b***t waar ons in die hartjie van Montmartre bly - 'n ervaring wat jou terugneem na die ou-Parys en tyd van kabaret en kunstenaars. Nog 'n hoogtepunt is Claud Monet se huis en pragtige tuin in Giverny wat ons besoek. Dis soos 'n "lewende skildery" van Monet! Hierna besoek ons Strasbourg en die Middeleeuse dorpies van Comar (Petit Venice) en Riquewihr wat soos dorpies uit 'n kinderstorieboek lyk. Volgende is Luzern en Lugano in Switserland voordat ons oor die grens en Alpe glip na die betowerende Como-distrik met sy prentjiemooi natuurtonele en die dorpie, Bellagio, wat die laaste deel van jou hart gaan steel! Ons eindig in Milaan, die stad van mode, kultuur en kuns (Leonardo da Vinci se Laaste Avondmaal) voordat ons die aand huiswaarts keer.
Hierdie is nog 'n toer van WinskoopToere wat al jou "boksies" beslis gaan afmerk!

Toerdatums: 11-25 Julie 2025 (aangepas)
Meer inligting: Marius Greeff, 0829363462 of epos: [email protected]

André Rieu konsert saam met WinskoopToere. Die konsert eindig met ‘n “wow” en ‘n hoogtepunt en mense dans meegevoer saam met die laaste paar “Golden Oldies.” Hier is nóg grepe uit een van sy lekkerste konserte (Deel 4). 
Geniet dit, of nóg beter, kom beleef dit volgende jaar self saam met een van WinskoopToere se reise na Europa! #WinskoopToere #DroomLeefReis #DieBesteVanEuropatoerMetAndréRieu 29/07/2024

Herinneringe aan ons onlangse besoek aan Maastricht en die Rieu-konsert wat ons bygewoon het.
Dit was naby aan die einde van die ongelooflike lekker konsert!
In Junie/Julie 2025 skoolvakansie het ons 2 konserttoere na Rieu. Een na Oos-Europa en die 2de is ‘n boottoer na Noord-Europa.

André Rieu konsert saam met WinskoopToere. Die konsert eindig met ‘n “wow” en ‘n hoogtepunt en mense dans meegevoer saam met die laaste paar “Golden Oldies.” Hier is nóg grepe uit een van sy lekkerste konserte (Deel 4). Geniet dit, of nóg beter, kom beleef dit volgende jaar self saam met een van WinskoopToere se reise na Europa! #WinskoopToere #DroomLeefReis #DieBesteVanEuropatoerMetAndréRieu

Want your business to be the top-listed Travel Agency in Strand?
Click here to claim your Sponsored Listing.

Category

Telephone

Website

Address


2 Libertas Street
Strand
7140